
=====================================================================
Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Afrikaans as skakel na die buiteland

HOOFARTIKEL

SO dikwels praat mense van die funksieverliese van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika dat 'n belangrike feit soos die funksiewins van 
Afrikaans as skakel na die buiteland soms vergeet word.

Byna vanselfsprekend is dit noodsaaklik vir 'n kultuurtaal soos Afrikaans om soveel as moontlik van sy hore funksies te behou en uit te 
bou, soos 'n taal vir gebruik in die Parlement, in howe, in wetenskapsbeoefening, as televisietaal en dies meer. Baie van hierdie hore 
funksies van Afrikaans is tans onder groot druk.

Soms word dit nie deur Afrikaanssprekendes genoegsaam opgemerk dat die Afrikaanse taal, selfs al is dit ook druppelsgewys, meer in die 
buiteland begin voorkom nie. Jaarliks skryf belangstellende groepies universiteitstudente in Europese stede soos Antwerpen, Leuven, Wene, 
Leipzig, Moskou en Wroclaw vir kursusse in Afrikaans in. Leerlinge in Vlaandere neem periodiek aan opstelwedstryde deel met Suid-Afrika en 
ook sake i.v.m. Afrikaans as tema. In Amsterdam, Nederland, word weer 'n leerstoel in Afrikaans ingestel.

Afrikaanse boekverkoop-inisiatiewe met name soos Gramadoelas en Egoli begin in Europa funksioneer. Afrikaanse kunstenaars gaan tree al hoe 
meer in Europa op, en Londen kry 'n Literre Kafee waar Afrikaans blom.

Onder Afrikaanstaliges wat na die buiteland verhuis het, is voorbeelde van Afrikaanse klubs of kuiergroepe wat steeds soms hunker na 
Afrikaans. Sommige Afrikaanse emigrante vestig hulle naby ander Afrikaanstaliges in die vreemde. Andere probeer om byvoorbeeld deur die 
internet met die Afrikaanse taallewe in voeling te bly.

In lande soos Nederland, Belgi (spesifiek Vlaandere), Oostenryk en Duitsland kom vriende van die Afrikaanse taal en van ons land na vore 
wat s hulle is bly die ou stigma van die apartheidsdae is verby. Dit word nie meer in hulle gemeenskap as polities verkeerd beskou wanneer 
hulle wys hulle is in Afrikaans en Suid-Afrika genteresseerd nie. Buitelandse verenigings en stigtings reik openlik die hand na Afrikaanse 
verenigings uit en pak saam met hulle projekte aan.

Vir die uitgebreide Afrikaanse gemeenskap is hierdie vorme van buitelandse belangstelling, welwillendheid en skakeling kosbaar. Dit kan tot 
allerlei nuwe netwerke tussen Afrikaansbelangstellendes oral in die wreld lei. Daar is selfs kenners wat praat van Euro-Afrikaans t.o.v. 
Europa. Ook kan die buitelandse kontakte van Afrikaans sy binnelandse posisie help aanvul en verryk.

Die Stigting vir Afrikaans het sedert 1 Junie vanjaar met twee werkstasies vir netwerkskakeling in Europa begin, die een in Antwerpen en 
die ander in Wene.

Vanuit Antwerpen sorg Ilze Bezuidenhout, as medewerker van die SvA, vir skakeling in Nederland, Belgi en die Verenigde Koninkryk. Sy kan 
bereik word by die e-posadres: ilzebez@yahoo.com.

Rina Loader is die skakelpersoon in Wene, verantwoordelik vir Sentraal- en Oos-Europa. Sentraal-Europa sluit volgens hierdie indeling 
Frankryk, Switserland, Duitsland, Oostenryk, Tsjeggi, Slowakye, Hongarye, Sloweni en Pole in. Haar e-posadres is 
catharina.e.loader@univie.ac.at.

Met hierdie werkstasies, vir eers net in Europa, beoog die SvA die vestiging van skakelpunte wat nie net vir die Stigting se doeleindes 
bedoel is nie. Dit word daargestel vir almal wat in Afrikaans in Europa belang stel.

Hier is nog 'n nuwe geleentheid vir handevat van die totale Afrikaanse gemeenskap ten einde iets nuuts prakties werkbaar te maak tot 
gemeenskaplike voordeel. Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Afrikaans.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av736.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

